
| TUIS | | | Skakels | | | Nuus | | | Oordenking | | | Almanak | | | Kontak Ons |
|
Bedieningsvelde NG Kerk Durban MiddestadMoriah Christian Church His Hands Ministries (HHM) Missionary Congregation Centre Opleiding Jeugbediening Mannebediening |
Wie Is Ons?
Durban
Metropoolbediening is die inisiatief van die Ring van Durban NG Kerk. ’n
Sprokiesverhaal van samewerking is besig om in die middestad van Durban
te ontvou. ’n Ouderling en sakeman, dr Hennie Combrink, het ’n
bediening Moriah met
sy eie finansiering begin. Die fokus was die armstes van die armes, in
’n omgewing waar daar ’n massa onwettige immigrante, baie nood en groot
uitdagings was. Oor die afgelope twaalf jaar het hierdie bediening
onafhanklik van die NG Kerk se formele strukture ontwikkel. Terselfdertyd
het die NG Gemeente Durban, wat in 1913 gestig is ná 1994 begin kwyn,
soos met die meeste middestadgemeentes gebeur. Die sosio-ekonomiese
werklikhede het lidmate oor die
bulte na die voorstede gedryf. Teen 2004 het nog net sowat 100 lidmate
by dié gemeente ingeskakel. Ds.
Samuel Blom het soos ’n wakker krieketspeler die 10de paaltjie vir die
NG Kerk in stand gehou. Met sy swaeltjieprojek kon die kerkdeure oop
bly. Maar teen 2009 het slegs 20 lidmate nog gereeld eredienste
bygewoon. Gelukkig het oom Samuel die mooi ou kerkgebou in die
middestad as nasionale gedenkwaardigheid laat verklaar en pragtige
verbeterings is aangebring. Jesus het ons egter nie geroep om net nasionale monumente in stand te hou nie. Die nood van die stad het die NG Kerk se Metropoolbediening in Durban aan die hart gegryp. Ná maande se onderhandelings is die gebou in ’n eiendomstrust geplaas en kon die Afrikaanse bediening saam met ander bedieninge daar voortgaan. Waar die kerkgebou tevore skaars meer as ’n uur per week gebruik is, het alles nou radikaal verander. MISSIO DEI Binne die bepaalde BEDIENINGSBEGINSELS en DOELSTELLINGS van die BEGUNSTINGTES van die NG KERK DURBAN METROPOOL EIENDOMSTRUST is die bepalende bedoeling van die MISSIO DEI begrip dat all belanghebbendes dit ten doel nastreef om Kerk vir Christus in die wêreld te wees. Hieronder word verstaan die uitbou, opbou en oprigting van die Kerk en die uitdra van die Evangelie van Christus en die reddened hoop wat ons daarin het in die multikulturele konteks van die DURBAN METROPOOL en verby hierdie METROPOOL grense die wêreld in. Ons aanvaar hierin in die eerste plek die beginsel van Missio Trinitatis en bevestig dat dit in die eerste instansie die Vader, Seun en Heilige Gees wat uitreik na die wêreld om in die wêreld hoop te bring. Jesus staan in God se sending sentraal en die hoop wat daar in die Missio Trinitatis is word bewerk deur sy gehoorsaamheid aan die kruis, en na Sy hemelvaart is dit voortgesit deur die Heilige Gees wie ons lei tot die proses waartoe ons hier verbind is. Die MISSIO DEI strek van voor die skepping en word deur die Drie-enige God voortgesit vir die herstel van die gebroke verhouding van die mens met God en sy medemens. Die hoop wat daar in God se sending is, is gerig op almal wat ly aan die gevolge van sonde en die verbrokkeling van ons vehouding met God en die mens terwyl God se geregtigheid met die oog op bekering verkondig word aan almal wat meedoen aan die verbrokkeling van hierdie hoop. Jesus is die enigste Middelaar van die hoop wat God in die wêreld bring. Die inhoud van die boodskap van hoop aan die mens is dat herstelde verhoudinge met God en ons medemens en die wêreld moontlik is, deur die hoop wat daar is in God se sending is, met die wete dat daardie hoop nie verdien word nie maar uit genade alleen ontvang word, deur ons geloof in Jesus Christus, en deur die verkondiging van die Woord van God in woord en daad deur gelowiges tot diens in Christus geroep. Nie allen moet die geroepe gelowiges die Woord van God verkondig nie, maar moet ons toesien dat die kerk instand gehou word, opgebou en opgerig word en dat die evangelie oral versprei word. Die rede vir MISSIO DEI opdrag is in God gesetel vie die verlossing van die mens sodat hierdie verlostes God die Verlosser met volharding tot in ewigheid sal verheerlik en eer as ’n liggaam van verlostes. Hierin vervan ons MISSION DEI opdrag die multi-dimensionele aktiwiteite van die hele kerk van Christus, waarmee die kerk, op grond van die MISSIO DEI die grense na die wêreld op so ’n wyse oorsteek dat God se eskatologiese hoop en verlossing in Jesus Christus alleen, vandag reeds realiseer vir diegene wat onder die gevolge van wêreld en die sonde ly.
Fokus van die Metro Bediening
Toerusting: Bybelskool en Studie(Donderdae)(HHM) Evangelical Training (Dinsdae) (SFM) B.Th. Opleiding (Indus Bybelskool)(Moriah) JeugBediening/Straatkinders (Vrydae)(HHM/Moriah) Indiër Gemeente (Fokus op vestiging)(HHM) DRC Gemeente (Uitreik in DRC)(Moriah) Vier Poorte Bediening (Uitreik in SentraalAfrikagrootmere)(Moriah) JeugGemeente (Coffie/DOXA/KOHIN)(Middestad) VoortgesetteOntwikkelingSuidkus (HHM) MiddestadStraatBediening (Evangelie/Klere/Kos) Suidkus/Umlazi (Evagelie/Klere/Kos) Seed of Hope (Klese en Kos) Mandini Weeshuisbediening Operasie Regale (Straatvroue) Elohim Doctors for Life (Straatvroue) SakhiTembu(Rehabilitasie) Chatsworth Rehab (Rehabilitasie) Suidkus straat bediening Gevangenisbediening (Westeville/PMB/Seefontein) VrydagJeug Infinity (Jeug en straatkinders) LethuliHuisProjek (Gevangenisopleiding) Sondag (NGK/HHM/Moriah/MCC) SeefonteinTentbedienimg Dinsdae (Middestad Vroue) Woensdae (HHM) Vlugtelinge (Maandae en Woensdae) UNISA Uitreik (Finale jaar studente prakties – daagliks) Old Ford Chapel (Berading en Evangelie) Beplanningsaksies: City Missionary Conference: Desember Sycamore (ABET Skool) |